Radio X5 Stereo

Radio X5 Stereo

Menu

Wie is Sanger Grizz? 

Grizz the singing Trucker
Grizz the singing Trucker

Biografie

Grizz is gebore in Johannesburg 30 April 1971. Hy is die jongste van 5 kinders. Hy het voor skool al liede vir sy ma gesing en in Gr1 het Juf Louw sy talent raak gesien. Hy het deel geneem aan veskeie konserte en in St 1 het die onderwysers met sy ouers gekontak om hom in te skryf vir die oudisies vir die Drankensbergse Seuns Koor. Uit 10000 inskrywings is 8 kinders gekies waarvan Grizz deel was. St 2 het hy begin by die Drakensbergse Seuns koor.

Op 11 jarige ouderdom sterf sy broer in n motorfiets ongeluk. Hy was baie geheg aan sy broer en het na Jannie se dood alle belangstelling verloor om te sing. Op 15 jarige ouderdom join hy vrywillig die weermag en is deel van die 6 1 Meganiese batteljon op Oshevelo waar sy voor liefde vir die Big Wheels vandaan kom. Na sy weermag opleiding begin hy trok ry en travel die paaie van Afrika plat. Op 21 word hy n dogter ryker en vestig homself in die Kaap. In 2003 is sy 2e dogter gebore en verhuis hy na Gauteng waar sy 3e dogter in 2006 gebore is.

Sy verhouding eindig op die rotse en trou hy later met Naomi. Sy neul vir jare in sy ore om sy musiek loopbaan weer te hervat. Hy het deur die jare net vir vriende en familie gesing. In 2019 stuur Grizz n video opname wat hy in die trok n lied sing aan Naomi en sy plaas dit op n Truckers Page op FB en die response was oorweldigend en almal wou weet waar kan hulle sy musiek kry. Naomi begin soek na n recording studio en kry een maar hulle word ingedoen deur die studio. Soektog begin weer en recordings word gedoen. Grizz word gekontak deur Andre Hartman en record I recall a Gypsy Woman by Infinity Recording Studio.

N persoon wat Grizz se weergawe gehoor het van I recall a Gypsy Woman borg Grizz se CD Nostalgie op voorwaarde dat dit by Andre opgeneem moet word en in 2020 sien die CD Nostalgie die lig. Toe Grizz sy master CD vanaf die 2e studio terug kry, stuur hy dit aan Andre en die nagmerrie begin weereens. Grizz se stem is in stereo op geneem en die musiek is mono. Andre neem die hele CD oor op en in 2021 word Classic Rock release.

Grizz skryf ook sy eie liedere en Langpad terug na jou was sy 1e original recording, waarop Broers van die Langpad en Scania Hooter gevolg het. Broers van die Langpad wen op 3 radio stasies se Top 20 programme die NO 1 posisie en gaan deur vir lied van die jaar. April 2021 neem hy A Truckers Prayer op wat deur Naomi geskryf is.

Met Grizz wat so nuut in die bedryf is het hy nog net 3 shows gedoen vir Charity maar beplan binne kort n toer Kaap toe. Sy musiek is ook op talle digitale platvorms beskikbaar