Radio X5 Stereo Programme
Lekker Balke Toe
Skakel vanaand in by Radio x5 Stereo se " Lekker balke toe" vanaf 18:00 - 20:00 "Balke toe!' is 'n algemene term wat tradisioneel gebruik word deur boere wat dans op misvloer in 'n stoor area waar die dak baie laag was sodat 'n volwasse persoon maklik die balke kon raak. Wanneer Oom Willie skree;"1,2,3!" Moes die dans paartjies die balke gryp en hul voete oplig sodat hy meel kon strooi sodat hul voete maklik kon gly oor die misvloer wat taai geraak het. Luister hier Live!
23 Februarie - Musical Show - Bonanza
HIER'S DIT NOU!!! 23 Februarie een HENGSE musiekvertoning aangebied deur SACMAF COUNTRY ANGELS ten bate van die Phil Jansen Fondsinsamelingsprojek, NPO Reg 212-395 Ons hou dit by die historiese 'BONANZA" OP VAN DER HOFFWEG, HARTBEESPOORT. Ja, ons gaan BONANZA weer nuwe COUNTRY lewe inblaas!.Dankie aan ald die wonderlike kunstenaars vir jul oop harte. All 15 of you - You truly are Angels. Thank you for caring! Dankie Danie Van Der Westhuizen vir die klank!
Kom ondersteun ons asb/ Baie kosstalletjies en kunste, Mampoer stal net vir julle, musiek van verskeie genres soos Ou Country, Modern Country, Rock, Boeremusiek, Afrikaans en Line dansers. Lekker surprise veilings!
Kom en skud BONANZA soos nog nooit vantevore nie! Manjefieke saal en massiewe verhoog. Kom ons help Phil om sy noodsaaklike operasie te kry en ons vir nog baie jare na sy uitsendings sal kan luister..
Country Klanke Top 15 Poll now open / Stem nou!
Country Klanke poll now open, gaan stem nou vir jou gunsteling sanger. Country klanke word elke Woensdagaand aangebied deur DJ Phil van Radio X5 Stereo .